Makwetu onthou as kampvegter teen korrupsie

Die ontslape ouditeur-generaal het moedig voort geveg en mense voor stok gehou, nie net in staatsdepartemente nie, maar ook sy eie kantoor.

KAAPSTAD – 'n Man wat trots in sy werk gehad het, mense op hulle tone gehou het, lief vir sy land was en sy burgers met lof wou dien.

Dis hoe die uittredende ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, beskryf is.

Hy is op 54-jarige ouderdom dood nadat longkanker in 2018 by hom gediagnoseer is.

Hy word veral onthou vir sy vasberadenheid om bedrog en korrupsie uit te roei.

Source
eNuus