LP’s peper Mapisa-Nqakula met vrae

Die Verdedigingsminister gee toe dat die omstrede Beitbruggrensheining nie sy doel dien nie.

KAAPSTAD – Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê tegnologie word benodig om die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe te patrolleer.

Dit nadat die Parlement se staande komitee oor openbare rekeninge die Beitbruggrensheining, wat onlangs gebou is, as ongeskik vir sy doel bestempel het.

Die oprigting van die heining het sowat R40 miljoen gekos.

Die parlement het Dinsdag gehoor dat die spesiale ondersoekeenheid Donderdag die spesiale tribunaal sal nader om die bankrekening van die betrokke konstruksiemaatskappy te vries.

Source
eNuus