Lang toue vir toelaes

Die samedromming van mense by Sassa-kantore veroorsaak kommer.

KAAPSTAD - Daar bestaan vrese dat die samedromming van mense by kantore van die agentskap vir maatskaplike sekerheid, of Sassa, 'n superverspreider van Covid-19 kan word.

Maar baie begunstigdes wat maatskaplike toelaes ontvang, sê hulle het geen ander keuse as om hulself aan moontlike besmetting met die virus bloot te stel nie.

Om sake te vererger, is daar ook 'n tekort aan personeel by verskeie Sassa-streekkantore.

Source
eNuus

Paid Content