Holistiese oplossings vir Kraaifontein-bendegeweld

Kraaifontein vra vir langtermyn, holistiese oplossings om die gemeenskap teen bendegeweld te beskerm.

KRAAIFONTEIN – Die Kraaifontein-gemeenskapsontwikkelingsforum sê daar word soms twee tot drie keer per week in Scottsdene geskiet. 

Die jongste slagoffer was die 11-jarige Duran Visagie wat verlede week in die kruisvuur raakgeskiet is. 

Sy graad vyf-klasmaats het Donderdag by Brooklands Primêr van hom afskeid geneem.