Goudgeel Tafelberg bring hoop aan kinders met kanker

Die ligvertoning was ook ter ere van ouers van kinders wat aan kanker ly, hul dokters en versorgers.

KAAPSTAD  Tafelberg is Dinsdagaand goudgeel verlig om hulde te bring aan kinders wat aan kanker ly of al die siekte oorwin het.

'n Ma van Kaapstad het die plaaslike veldtog begin nadat sy gesien het dat iets soortgelyks by verskeie oorsese landmerke gedoen is.

Dokters, versorgers en ouers van kinders wat aan kanker ly, sê dit was vir hulle 'n simbool van hoop en ondersteuning in 'n moeilike jaar.

Source
eNuus