Duiwel los oor taxiroetes

Taxi-eienaars is bekommerd oor hoe die oorlog oor langafstandroetes gaan eindig.

KAAPSTAD - Vier mans het in die Kaapstadse landdroshof verskyn in verband met ‘n skietery by Kaapstadstasie.

Twee ander mans is net na die skietery in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Sewe mense is gewond toe aanvallers tydens middagete by die langafstandtaxistaanplek op ’n minibustaxi losgebrand het.

Later daardie aand is vyf taxibestuurders in Nyanga doodgeskiet.

Taxibase hou vol die twee voorvalle hou nie met mekaar verband nie, maar erken daar is konflik tussen die mededingende taxiverenigings.

Source
eNuus

Paid Content