Duisende steeds dakloos na brand

Hawelose inwoners van Masiphumelele is die afgelope twee weke soos sardientjies in ander gemeenskapslede se huise ingepak.

MASIPHUMELELE - Duisende inwoners van Masiphumelele in Kaapstad is moedeloos nadat hulle alles verloor het in 'n verwoestende brand op 17 Desember verlede jaar.

Daar is ook nog geen tydelike skuiling aan hulle beskikbaar gestel nie.

Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het die ramptoneel Maandag besoek.

Source
eNuus

Paid Content