Duisende poste in tekstielbedryf verlore tydens inperking

5 000 werksgeleenthede in die kleding- en tekstielbedryf verlore tydens die inperking in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap

KAAPSTAD - Die klerewerkersvakbond Sactwu sê daar is steeds hoop vir dié bedryf wat eens in die Wes-Kaap floreer het.

In 1996 het 100 000 mense in die provinsie in dié sektor gewerk.

Teen verlede jaar het hierdie syfer tot 34 000 geval.

Vakbondleiers sê dis nou selfs laer weens die Covid-19-pandemie en die inperking. 
 

Source
eNuus