“Daar sal drasties iets gedoen sal moet word”

Agri SA en TLU SA sê dis noodsaaklik dat die polisie se planne om landelike veiligheid 'n prioriteit te maak, so gou as moontlik geïmplementeer word.

CENTURION  Landbou- en burgerlike organisasies is intussen optimisties oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens se onderneming om meer hulpbronne beskikbaar te stel sodat landelike veiligheid opgeskerp kan word.

Agri SA, TLU SA en AfriForum het Maandag in Pretoria met die polisie oor dié kwessie vergader.

Die polisie het tydens die vergadering belowe om helikopters en hommeltuie in te span om misdaad op die platteland hok te slaan.

Gesamentlike bevelsentrums gaan ook op nasionale en streeksvlak geskep word om hiermee te help.

Source
eNuus