Baie Kapenaars verontagsaam Covid-19-maatreëls

Die Stad Kaapstad wil kuierplekke en besighede wat nie Covid-19-maatreëls nakom nie, vasvat.

KAAPSTAD - Kaapstad is een van die brandpunte in die Wes-Kaap wat 'n skerp styging in Covid-19-gevalle beleef.

Die aantal nuwe infeksies in die Kaapse metropool het in die afgelope week met sowat 73% toegeneem.

Die Kaapstadse metroraad het Donderdag gevra dat mense liefs sosiale samesyn moet vermy, maar dit lyk asof dié oproep op dowe ore val.
 

Source
eNuus

Paid Content