Hanover Park: Gemengde gevoelens oor wetstoepassers

Toe eNuus Hanover Park in Oktober besoek het, was wetstoepassingsbeamptes oral sigbaar.

KAAPSTAD – Sommige inwoners van Hanover Park beweer dat korrupte wetstoepassingsbeamptes sake vererger, in die deel van die Kaapse Vlakte wat deur geweld geteister word.

'n Groep beamptes patrolleer die gebied reeds 'n maand lank as deel van die plaaslike regering se veiligheidsplan.

Hulle is ná verskeie skietvoorvalle ontplooi.

Maar ander inwoners voel die situasie het verbeter, en die owerhede sê hulle het reeds 33 mense in hegtenis geneem.

Source
eNuus