Al hoe meer begrafnisse

Begrafnisondernemers steier onder die skerp styging in die Covid-19-dodetal tydens die tweede vlaag.

KAAPSTAD - Begrafnisondernemers sukkel om voor te bly met die skerp styging in die aantal begrafnisse tydens die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie.

Avbob se hoofbestuurder van begrafnisdienste, Pieter van der Westhuizen, sê hulle behartig nou tagtig persent meer begrafnisse as tydens die hoogtepunt van die eerste vlaag van die pandemie.

Die vertraging met die uitreiking van doodsertifikate veroorsaak ook oponthoude.

Source
eNuus

Paid Content