Agri SA pleit vir kalmte tydens hofverrigtinge in Senekal

Agri SA pleit vir kalmte waar die twee beweerde moordenaars van Brendin Horner in Senekal se landdroshof verskyn. 

SENEKAL, VRYSTAAT – Die twee mans wat aangekla word van die moord op die jong plaasbestuurder Brendin Horner verskyn Vrydag vir die tweede keer in die hof.

Geweld het vroeër buite die hof uitgebreek, na hulle eerste verskyning verlede Dinsdag.

Een van die betogers, André Pienaar, is vroeër hierdie week borgtog geweier.

Hy word van openbare geweld, poging tot moord en terrorisme aangekla.
 

Source
eNuus