Afname van grootwithaaie bly kwel

Shark Spotters het nie een grootwithaai vanjaar of verlede jaar in Valsbaai en Gansbaai gesien nie.

KAAPSTAD - Die verdwyning van grootwithaaie uit die Valsbaai-omgewing en die gepaardgaande konflik tussen vissers en haaiduikoperateurs, het die minister van Omgewingsake genoop om die nasionale aksieplan vir haaie te hersien.

Minister Barbara Creecy het in Mei ’n paneel kenners hiervoor aangestel.

Hulle het Dinsdag nuwe, ongepubliseerde navorsing oor die afname van grootwithaaie by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad bekend gestel en planne vir die toekoms bespreek.

Source
eNuus