Zondo gaan Zuma-dokters ontmoet

Oudpresident Jacob Zuma se regspan het wéér gesê hy is te siek om voor die Zondo-kommissie te verskyn.

JOHANNESBURG - Jacob Zuma het weereens die Zondo-kommissie ontwyk.

Die ondersoek na staatskaping is Dinsdag hervat met 'n aansoek om Zuma met 'n dagvaarding te dwing om voor die kommissie te getuig.

Maar die oudpresident se regspan sê weens gesondheidsredes kan hy nié.

Zuma het verlede jaar sy getuienis uitgestel en daarna nie opgedaag nie, glo om mediese redes.

Regter Raymond Zondo het die aansoek uitgestel en gaan met Zuma se dokters vergader oor sy beweerde siektetoestand.

Source
eNuus