Wrede stropery van leeus bekyk

Ander wilde diere, buiten leeus, word ook al hoe meer gereeld gestroop.

Wees gewaarsku dat die grafiese beeldmateriaal in die volgende berig kykers kan ontstel.

eNuus het egter besluit om dit uit te saai om die omvang en grusaamheid van leeustropery onder ons kykers se aandag te bring.

Minstens 80 leeus is sedert 2017 in Suid-Afrika gestroop.

Volgens die maatskappy Specialised Security Services, wat deur die privaat ondersoeker Mike Bolhuis besit word, is 90% van die leeus vir tradisionele medisyne, of sogenaamde moetie, doodgemaak.

Source
eNuus