Vlugtelingkinders “hou skool” op die plein

Dié vlugtelingkinders wat Afrikaans op skool geleer het, sit bedags hier en lees vir mekaar.

KAAPSTAD - Ouers landwyd het Dinsdagaand seker dat skooluniforms gestryk en penneblikkies vol is, voor die eerste skooldag van 2020.

Maar nie alle kinders is Woensdag terug skool toe nie.

Die kinders van 'n groep vlugtelinge in Kaapstad het drie maande gelede opgehou leer.

Baie van hulle praat Afrikaans omdat hulle voorheen op die Kaapse Vlakte skoolgegaan het.

Source
eNuus