Onmin in Atlantis

Inwoners van Atlantis is verdeeld oor die lot van 'n senior polisiebeampte wat van seksuele teistering beskuldig word.

ATLANTIS - 'n Senior polisiebeampte van Atlantis in die Wes-Kaap, wat van seksuele teistering aangekla word, is uit sy pos verwyder.

Dit terwyl 'n ondersoek na die bewerings teen hom aan die gang is.

'n Interne tugondersoek word ook gedoen ná twee vroulike kollegas hom beskuldig het.

Lede van die gemeenskap het Donderdag betoog om te eis dat daar teen die beampte opgetree word, maar ander inwoners van Atlantis ondersteun hom.

Source
eNuus