Nóg 'n Kaapse welsynsorganisasie in die soeklig

'n Krisiskomitee is op die been gebring om ondersoek in te stel na beweerde wanbestuur by Beitun Nur.

KAAPSTAD - Nóg 'n Kaapstadse welsynsorganisasie word van wanbestuur beskuldig.

Die Beitun Nur-vereniging vir haweloses in Philippi is 'n organisasie sonder winsbejag wat in privaat besit is en ten doel het om arm gesinne te help.

Maar dit word óók bestuur as 'n jeug- en kindersorgsentrum sonder dat dit hiervoor geregistreer is.

Verlede jaar het die owerhede 17 kinders by 'n soortgelyke instelling, die Al Noor kinder- en jeugsentrum in Woodstock, verwyder.

Dit ná bewerings van seksuele en fisieke mishandeling.

Source
eNuus