Misdaad laat gesinne padgee

Die getal Suid-Afrikaners wat emigreer, neem die afgelope jaar toe weens die hoë misdaadsyfer en ekonomiese onsekerheid.

ROODEPOORT - Hoewel daar nie amptelike emigrasiesyfers bekend is nie, erken die departement van binnelandse sake dat dit die afgelope jaar toegeneem het.

Die hoofredes waarom duisende opgeleide en vaardige landsburgers hulle tasse pak, is die hoë misdaadsyfer, 'n verlies aan werksekuriteit en ekonomiese onsekerheid.

'n Misdaadvoorval verlede naweek het 'n Gautengse gesin finaal laat besluit om die land te verlaat.

Die Jonkers is op 4 Januarie met klippe bestook tydens 'n wegbreek in die Oos-Kaap.

Hulle wik en weeg al maande lank om te emigreer, maar ná die voorval is hulle vasbeslote dat veiliger weivelde in Nieu-Seeland wag.

Source
eNuus