Matrikulante op die Vlakte oorkom uitdagings

Rida Botha is een van 196 leerlinge wat onderskeidings behaal het aan die Spine Road High School.

MITCHELLS PLAIN - Matrikulante van 'n skool in die bendegeteisterde Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte het nie toegelaat dat hulle omstandighede hulle toekomsdrome kelder nie.

Spine Road High School se matriekklas van 2019 het 'n 99% slaagsyfer behaal.

Daar is feesgevier toe die eksamenuitslae bekend gemaak is.

Source
eNuus