Dieretuin in soeklig

Mense op sosiale media was veral ontsteld oor die bobbejane wat hul hokke met rotte moet deel.

JOHANNESBURG - Die Johannesburgse dieretuin sê hy gee aandag aan die kwessies wat die afgelope naweek op sosiale media uitgelig is.

'n Plasing op Facebook het soos 'n veldbrand versprei waarin kommer en woede oor toestande by die dieretuin uitgespreek word.

Die dieretuin erken dat veral rommel, instandhouding en rotte 'n uitdaging is, maar sê hy werk aan planne daarvoor.

eNuus het die dieretuin Maandag besoek.

Source
eNuus