Affies weer een van bestes

Matrikulante van die Afrikaanse Hoër Meisieskool is opgewonde oor hulle toekoms.

PRETORIA - Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria is weereens een van die topskole in die land.

Dié skool, wat vanjaar sy eeufees vier, het vir die 35ste agtereenvolgende jaar 'n 100% matriekslaagsyfer behaal.

Die net meer as 220 leerlinge in die klas van 2019 het meer as 800 onderskeidings verwerf.

Source
eNuus