250 onderskeidings vir Helpmekaar

Twéé slimkoppe van Helpmekaar Kollege spog elk met 11 onderskeidings.

JOHANNESBURG - 98,82% van die matrikulante wat verlede jaar die eksamen van die Onafhanklike Eksamenraad, oftewel IEB, afgelê het, het met vlieënde vaandels geslaag.

Meer as 11 800 leerlinge het dié eksamen geskryf en almal kwalifiseer vir tersiêre onderrig.

Die 202 leerlinge van Helpmekaar Kollege in Johannesburg het altesaam meer as 250 onderskeidings verwerf.

22 van dié A's is deur slegs twee leerlinge ingeryg.

Source
eNuus